top of page
Oor die Gauteng Lewenshoop Sentrum
Wat doen die GLS?
Die Gauteng Lewenshoop Sentrum is 'n plek waar mense in die gemeenskap kan bymekaar kom om nuwe vriende te ontmoet, mekaar te bemoedig en nuwe dinge te leer! Ons hoop en doel met hierdie sentrum is om 'n lig in die gemeenskap te wees wat 'n platvorm skep vir eenheid en ondersteuning van die hele gesin en gemeenskap.


Wie is die GLS?
Ons is ’n groep mense wat passievol is oor bediening, en liefde vir ons medemens. Ons wil graag die Here Jesus se hande en voete wees in Centurion, en ook geleenthede skep vir ander om so betrokke te raak. Ons mik vir totale gesondheid van liggaam en siel - en ons deel graag die kennis en geleenthede om dit moontlik te maak.
bottom of page